Martigues (Oksitaans: Lo Martegue in klassieke norm, Lou Martegue in Mistraliese norm) is 'n gemeente in die noordwes van Oksitaanse Marseille. Dit is in die Bouches-du-Rhône-departement in die Provence-Alpes-Côte d'Azur-streek geleë.
'n Direkte vertaling van die Martigues Tourisme-webwerf onthul die volgende oor Martigues:
Met die bynaam die "Provençale Venesië", is Martigues 'n deurgangspunt tussen die Middellandse See en die See van Martigues (nou Etang de Berre), naby die Côte d'Azur. Die bekoring van sy kanale, sy dokke en brûe het dit "Die Venesië van Provence" gemaak. Martigues besit ook sy koöperatiewe wynmakery "La Venise provençale": Coteaux d'Aix en Provence, rosé, rooi en wit wyne, vrugtesappe en natuurlike olies in die streek. Hoofvariëteite: Grenache, Syrah, Cinsault, Carignan, Clairette.
Lewer kommentaar