Dooievlei

Dooievlei is 'n wit kleivlakte naby Sossusvlei in die Namib-Naukluft Nasionale Park in Namibië. Dooievlei word deur van die hoogste duine ter wêreld omring. Die duine lê op 'n terras van sandsteen en is 300 tot 400 meter hoog.

Die kleivlakte is na reënval deur oorstromings van die Tsauchab gevorm. Dit het vlak poele veroorsaak waarin die kameeldorings (Acacia erioloba) kon groei. Toe die klimaat verander, is die gebied deur droogte geteister. Sandduine omring die vlakte wat die water van die rivier blokkeer. Omdat daar te min water by die bome uitkom, het dit gesterf. Desondanks is daar wel plante wel as gevolg van die oggendmis se vog oorleef (soos die salsola en inara).

Die "geraamtes" van die oorblywende bome, wat ongeveer 900 jaar oud blyk te wees, is deur die son swart gebak. Hoewel hulle nie versteen is nie, vergaan hulle ook nie omdat dit te droog is.

Photographies by:
Statistics: Position (field_position)
1907
Statistics: Rank (field_order)
46966

Lewer kommentaar

Esta pregunta es para comprobar si usted es un visitante humano y prevenir envíos de spam automatizado.

Security
293817645Click/tap this sequence: 6592

Google street view

Where can you sleep near Dooievlei ?

Booking.com
450.758 visits in total, 9.077 Points of interest, 403 Destinations, 114 visits today.