Context of Soedan

Hierdie artikel handel oor die land. Vir die gebied, sien Soedan (gebied).

Soedan (Arabies: السودان, as-Sūdān; Engels: Sudan, [suˈdɑːn, -ˈdæn], ), amptelik die Republiek Soedan (Arabies: جمهورية السودان, Jumhūriyyat as-Sūdān; Engels: Republic of the Sudan), ook bekend as Noord-Soedan sedert Suid-Soedan se onafhanklikheid, is 'n land in Noord-Afrika en die derde grootste land van Afrika ná Algerië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit grens aan Libië in die noordweste, Egipte in die noorde, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste, Suid-Soedan in die suide, Ethiopië en Eritrea in die ooste en die Rooisee in die noordooste. Khartoem is die hoofstad en Omdoerman die grootste stad van Soedan.

Soedan beslaan 'n oppervlakte van 1 886 068 km² en het in 2021 'n bevolking van 44 909 353 gehad. Op 9 Julie 2011 verklaar Suid-Soedan sy onafhanklikheid van Soedan; voor dit was Soedan volg...Lees meer

Hierdie artikel handel oor die land. Vir die gebied, sien Soedan (gebied).

Soedan (Arabies: السودان, as-Sūdān; Engels: Sudan, [suˈdɑːn, -ˈdæn], ), amptelik die Republiek Soedan (Arabies: جمهورية السودان, Jumhūriyyat as-Sūdān; Engels: Republic of the Sudan), ook bekend as Noord-Soedan sedert Suid-Soedan se onafhanklikheid, is 'n land in Noord-Afrika en die derde grootste land van Afrika ná Algerië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit grens aan Libië in die noordweste, Egipte in die noorde, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste, Suid-Soedan in die suide, Ethiopië en Eritrea in die ooste en die Rooisee in die noordooste. Khartoem is die hoofstad en Omdoerman die grootste stad van Soedan.

Soedan beslaan 'n oppervlakte van 1 886 068 km² en het in 2021 'n bevolking van 44 909 353 gehad. Op 9 Julie 2011 verklaar Suid-Soedan sy onafhanklikheid van Soedan; voor dit was Soedan volgens oppervlakte die grootste land van Afrika. Die Nylrivier vloei in 'n noordelike rigting deur die land, wat deur die samevloeiing van die Blou Nyl en die Wit Nyl in die metropolitaanse gebied van Khartoem-Omdoerman-Bahri gevorm word.

Die naam van die land is afgelei van die geografiese gebied Soedan, wat suid van die Sahara van Wes- tot Oos-Sentraal-Afrika strek. Dit is afkomstig van die Arabiese bilād as-sūdān (بلاد السودان) en beteken "land van die swartes", 'n uitdrukking wat ná Wes- en Noord-Sentraal-Afrika verwys.

Die naam is een van verskeie toponieme wat soortgelyke etimologieë deel, met die uiteindelike betekenis "land van die swartes" of soortgelyke betekenisse, met verwysing na die donker vel van die inwoners. Oorspronklik het die term Soedanese 'n negatiewe konnotasie in die gearabisierde Soedan gehad weens sy verband met swart slawe uit Afrika.

Die idee van 'n "Soedanese" nasionalisme het sy oorsprong in die 1930's en 1940's, toe dit deur jong intellektuele gewild gemaak is.

Die vorige regering van Soedan onder president Omar al-Bashir is gereeld vir sy menseregskendings teenoor etniese en religieuse minderhede gekritiseer. Hy word deur die Internasionale Strafhof weens oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom gesoek.

Where can you sleep near Soedan ?

Booking.com

Destinations close to Soedan ?

454.442 visits in total, 9.077 Points of interest, 403 Destinations, 123 visits today.