Boeddhas van Bamiyan

Die Boeddhas van Bamiyan (Pasjtoe: د بودا بتان په باميانو کې De Buda butan pe bamiyano ke, Persies: تندیس‌های بودا در باميان tandis-ha-ye buda dar bamiyaan) was twee reusagtige Boeddha-standbeelde, wat in 'n rotswand van die Bamiyanvallei, sowat 2 500 meter bo seevlak en 230 kilometer noordwes van Kabul, in die gelyknamige provinsie van Sentraal-Afghanistan gesny is. Die standbeelde het tussen die 4de en 6de eeu van ons tydrekening ontstaan en is in die klassieke Grieks-Boeddhistiese styl uitgevoer.

Voor die Islamitiese verowering het Bamiyan met 'n hoogs ontwikkelde beskawing gepronk en was onder meer die setel van 'n Boeddhistiese klooster. 'n Groot antal Boeddha-standbeelde is in die rotswande naby die stad Bamiyan gesny, waarvan die twee grootstes onderskeidelik 55 en 37 meter hoog was. Hulle was 'n besondere kenmerk van die omgewing en is deur die UNESCO as wêrelderfenisgebiede gelys.

Die standbeelde is in 2001 deur die fanatieke Islamitiese T...Lees meer

Die standbeelde is in 2001 deur die fanatieke Islamitiese Taliban-beweging verniel. Onder andere het Japan, Switserland en die UNESCO hulle vir die heropbou van die standbeelde uitgespreek.

Photographies by:
James Gordon - CC BY 4.0
Statistics: Position (field_position)
106
Statistics: Rank (field_order)
360013

Lewer kommentaar

Esta pregunta es para comprobar si usted es un visitante humano y prevenir envíos de spam automatizado.

Security
435781692Click/tap this sequence: 6124

Google street view

Where can you sleep near Boeddhas van Bamiyan ?

Booking.com
453.992 visits in total, 9.077 Points of interest, 403 Destinations, 3 visits today.