Aragonees

Aragonees

Aragonees (aragonés, [aɾaɣoˈnes]) maak deel uit van die ondergroep van die Iberoromaanse tale binne die Romaanse taalfamilie. Dit is die amptelike taal van die Spaanse outonome gemeenskap Aragon, net suid van die Pireneë en die grens tot Frankryk. Dié taal het sowat 10 000 moedertaalsprekers en 20 000 mense gebruik dit as 'n tweede taal. Die Unesco beskou Aragonees as 'n bedreigde taal omdat dit tans net in enkele valleie van die suidelike Pireneë gebesig word.

More images

Destinations